WESenterprises, steeds leier in dierevoeding

Promosie Artikel

 

THABAZIMBI – WESenterprises het ‘n nuwe produkreeks bekendgestel gedurende die Pretoria Lenteskou wat plaasgevind het 1- 6 September. Die bekendstelling van WESaqua, wat onder die WESagri afdeling ressorteer, was hoogs suksesvol en menige navrae is gerig.

Die reeks maak gebruik van baie akkurate, gebruikers vriendelike dosering sisteme wat wateroplosbare produkte, insluitend nutriënt bymiddels, medikasie en stimulante in diere se water doseer.

Tot dusver is daar vier voedings produkte beskikbaar in die reeks, naamlik, Carmino+, wat ‘n wye reeks vitamienes, minerale en aminosure bevat vir tye van lae voerinname; Aqualyte-Forte, vir hitte stres; Synergy, wat ‘n energie supplement is en ProTek wat dien as ‘n hoef- en haar opknapper.

WESaqua bied dus die boer die geleentheid om maklik en vinnig aanvullings aan hulle diere te voorsien deur middel van hulle drinkwater.

Die werking van WESaqua se Dosatron-toestel.