WES by Oesfees

DWAALBOOM – WESenterprises se afdeling WESagri het weereens ‘n geslaagde uitstalling by die Dwaalboom Oesfees gehad.

Dié jaarlikse fees het plaasgevind op Vrydag 14 September sowel as Saterdag 15 September. WESagri, die amptelike Landini agent op Thabazimbi, was ook een van die organiseerders, Obaro, se borge vir die dag.

Justin (Bestuurder) en Jaco van WESagri saam met Jaap Boyens van Argo Industrial wat ‘n praatjie oor die Landini Trekkers gelewer het.