SAPD en STTU staan saam teen misdaad

THABAZIMBI – Die Thabazimbi SAPD het op Dinsdag 11 September hul maandelikse renostervergadering in die raadsaal gehou.

Lede van STTU asook Save our Rhino’s het die vergadering bygewoon. 381 renosters is alreeds vanjaar vir hul horings gestroop. Hierdie kommerwekkende getal is steeds besig om te groei.

Charlie Warren van Save our Rhino is een van die facebook lede op STTU se blad. Hy plaas gereeld syfers en belangrike inligting rakende renosterstropery op die blad.

STTU het ‘n projek van stapel gestuur, waarin hulle poog om fondse te in vir toerusting en ander benodighede om hul taakspan optimaal te laat funksioneer.

Die span het ‘n 50 minute DVD genaamd, An Ugly Truth, gemaak oor renosterstropery wat vanaf 18 September 2012 beskikbaar sal wees. Dit sal insig gee tot wat die span doen om die renosters te beveilig. Martin en Pierre van African Sunrise Film skenk die opbrengs van die DVD aan STTU. Bestellings kan geplaas word by www.africansunrisefilm.co.za, die DVD beloop R100, die posgeld van R21 is uitgesluit. Daar is ook verskillende T-hemde beskikbaar teen R160, sonder posgeld. Die STTU se wenslys is: Diesel/petrol, Garmin Rino’s 650 x 5 (R6169 per toestel), 6 x Kenwood TK 2170-M handradio’s (R3800 per TK 2170-M), voertuigbande, voertuig onderhoud, uniforms, nagvisie en Bruno se maandelikse koste (R2850). Enigiemand wat hulp kan verleen om die STTU-span te befonds, kan Rudi Janse van Vuuren skakel by 082 445 0965.

Die suksesvolle renostervergadering waarby lede van die SAPD, STTU-span asook Save our Rhino’s betrokke was.