SAJWV hou Opedag

THABAZIMBI – Die Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging hou opedag vanaf Vrydag 14 September 2012.

Lede van die publiek word heelhartig uitgenooi om die pretskietdag mee te maak en daaraan deel te neem tesame met al die SAJWV lede te Koos Cronje Skietbaan, Thabazimbi.

.22 teiken skiet het wêreldwyd in ‘n reuse sport ontaard omdat dit meer bekostigbaar is. Binne die SAJWV Thabazimbi tak is daar reeds gesoute hande met ondermeer streek, Suid-Afrikaans, en internasionale prestasies in ons geleerdere.

Al ooit gewonder of jy nog kan skiet? Óf, wanneer laas het jy jou wapens bietjie hanteer? Hier is nou die geleentheid om jou vaardigheid op die proef te stel.

Vrydagmiddag vanaf 16:00 is dit die beurt van die manne met die .22 gewere om hulle vernuf op die proef te stel. Dié skiet gaan op die .22 baan plaasvind op ‘n afstand van 50 meter.

Saterdagoggend vanaf 8:00 sal daar groepering-skiet aanbied word vir senterslag gewere. Daar sal op ‘n gemaklike afstand van 100m na teikens geskiet word om te sien wie kan die kleinste groepering vir die dag skiet.  Skietstoele sal vir u opgestel en beskikbaar wees vir ‘n gemaklike dooierus aanlê.

Teen 12:00, is dit die beurt van die handwapen geesdriftiges om aan te meld vir hulle skiet beurt. Daar sal lekker groot teikens opgestel word op 5 en 10 meter. Daar word gepoog om skuts die geleentheid te bied om op nuut hul hand, oog en korrel sowel as die wapen se aksies beter te kan verstaan of herondek.

Dan is daar aksie en snelvuur met die hand wapens, wat gewoonlik sorg vir baie prêt. Daarna sal daar ‘n stel valplate uitgepak word om só ook die kompetisie onder mekaar uit te lok.

Met die handwapen skiet is daar regtig ‘n wye keuse om uit te kan kies sodat almal kan inskakel net waar hy of sy gemaklik voel. Kom gerus en geniet dit saam met ons.

Kostes vir inskrywings vir die handwapen en .22 gewere is slegs R20, vir die senterslag gewere slegs R50. Bring u wapens en genoeg ammunisie.

Bring ook u eie verversings want daar sal na afloop van die skiet-aktiewiteite lekker saam gekuier word met ‘n bring-en-braai geleentheid.

Vir meer inligting kontak vir Burkie op 0722268199.