Nuwe verwikkelinge by TAR

THABAZIMBI – Thabazimbi Animal Rescue het ‘n besige tydjie agter die rug, nadat hulle boomplantmaand gevier het, skenkings ontvang het en die nuwe afsonderingshokke ingelyf het.

Gideon van der Merwe van Bosloerie Kwekery het dié Waterbessie-boom, wat ook die boom van die Jaar is, aan TAR geskenk. Op die foto is: Tatheda, Belinda Barnett, Moira Nagel, Rynette Lategan, Jaco van Vuuren, Gideon van der Merwe, Tania Campbell, Eddie Leanord, Magda Steward, Michelle de Beer en Johnathan Mills.