Kumite Karate-klub presteer

PRETORIA – Die Kumite Karate-klub van Thabazimbi het in Augustus aan die Wiehahn Eksteen FSKA Kampioenskappe te Pretoria Noord deelgeneem.

Die lede presteer as volg: Thabo Madisha ontvang ‘n brons medalje vir Kumite, Siya Molapisi ontvang ‘n silwer medalje vir Kumite, Fiki Ribimbi ontvang goud vir Kumite, Morne Knoetze ontvang ‘n deelname medalje, Michael Knoetze ontvang ‘n goud vir Kata en silwer vir Kumite en Rustov Prinsloo verwerf ‘n goud in Kata.

Lede van die Kumite Karate-klub, agter: Sensei Rainier le Roux. Voor vlnr: Thabo Madisha, Siya Molapisi en Fiki Ribimbi.