Honde word vergiftig

THABAZIMBI – Inwoners van 11de Laan in Thabazimbi het weer vandeesmaand onder hondevergiftiging deurgeloop. ‘n Hele paar gevalle van hondevergiftiging is aangemeld.

Die SAPD vra dat inwoners oplettend moet wees, veral vir onbekende persone wat rond staan vir geen rede nie. Probeer ook om die huishulpe en tuiniers in die straat/laan te leer ken. Stel jouself voor aan die bure en ruil nommers uit, “dit kan gebeur dat jou buurman die teiken is en jy merk op dat ‘hy’ ‘n uur vroeër met sy voertuig ry.” Het die SAPD gesê.

Die SAPD sal poog om nagskofte in die laan te laat ry.