Veiligheid voorkom moontlike misdaad

THABAZIMBI – Verskeie gevalle van kabeldiefstal, verkragting en kinder-teistering het die afgelope week in Thabazimbi voorgekom.

Die Thabazimbi SAPD maan die inwoners van hierdie mooi bosveld dorpie om hul persoonlike veiligheid en dié van hul kinders eerste te stel deur waaksaam te wees en die korrekte noodnommers op hul foon te stoor.

Dwelmbendes en –handelaars is ook een van Thabazimbi se groot kopsere. Ouers moet waaksaam wees vir verandering in hul kinders se gedrag en die kommunikasiekanale ten alle tye te probeer oop hou.

Die polisie se aanklag kantoornommer is 0147773504/06, die misdaadvoorkomings nommer is 014 777 3535 en die speurtak is 014 777 4820.