Splinternuwe hospitaal open eersdaags

Die splinternuwe staatshospitaal in Regorogile wat tans nog in aanbou is, sal eersdaags in gebruik geneem word. Die openingsgeleentheid word beplan vir Woensdag 19 September wanneer die LUR van Gesondheid en Sosiale ontwikkeling in Limpopo, dr Norman Mabasa, ook die geleentheid gaan bywoon.