Goue oues vier verjaarsdae

Tannie Sannie Erasmus (regs) van Bosveld Oord vier op 12 September haar 82ste verjaarsdag. Saam met haar op die foto is tannie Hannetjie du Plessis (links). Die volgende inwoners vier ook hul verjaarsdae in September: tannie Su Hestema (86 jr), oom Cas Strydom (93 jr) en tannie Anna Venter (82 jr). Hulle word geluk, voorspoed en gesondheid toegewens.