Bedanking na motorongeluk

Graag wil ons De Beer gesin dankie sê na ons ongeluk op 25 Augustus. Here, ons harte loop oor van dankbaarheid. U hand was waarlik oor ons.

Ons familie, julle het onmiddellik van ver af gejaag om ons te kom help. Oproepe gemaak sodat mense ons kan help nog voordat julle by ons kon kom en reëlings getref om ons te versorg. Hoe kan ons dankie sê vir julle liefde? Pa Manie, Ma Marthie, Pa Johan, Oom Louw, Ma Daphné, Johan en Nadine, Hector en Rentia en Liezl julle is voorwaar

juwele uit God se kroon.

Gert du Plessis en sy werkers, so dankie vir die hulp met die versorging van die bakkie en sleepwa.

Piet en Celia, julle oop harte waarmee julle ons bygestaan het, van die troos tot skoonmaak van die vuil gesiggies.

Gustav van Laerskool Koedoeskop wat so mooi na ons gekyk het tot jy ons by die hospitaal besorg het.

Stephen met jou mediese kennis, jou bereidwilligheid om te stop en te kyk waar jy kan help.

Dr Blighnaut en sy personeel vir julle vriendelike diens en manier waarop julle die kinders hanteer het.

Natasha by Dr du Plessis se praktyk wat kort-kort opgevolg het en jou hulp met die reël van die paramedici.

Elke persoon wat gestop en hulp aangebied het. En dan elke knieg wat gebuig het om vir ons in te tree.

Die woord dankie is te nietig om ons waardering uit te spreek.

Met al ons liefde

Bakie, Trunett, Handré, Herman en Mené