100 000 Checkers-klante kry gratis spekboom

Checkers en Checkers Hyper het die begin van Nasionale Boomweek (1-7 September) gevier deur aan 100 000 van sy klante oor die land heen ’n gratis koolstof-wonderplant te gee om by die huis te gaan plant. Checkers het die spekbome gekoop en na al sy winkels landwyd gestuur om hulle gratis aan klante uit te deel.

Checkers, Suid-Afrika se snelsgroeiende landwye voedselketting, wil sy klante aanspoor om te help om die omgewing tot almal se voordeel te verbeter, en te beklemtoon hoe ons kan baat deur bome te plant en te bewaar om koolstofvrystellings teen te werk. Checkers het die afgelope Saterdag die ekwivalent van 40 ha van Suid-Afrika se koolstof-wonderplant weggegee.

Die spekboom (Portulacaria afra) vang koolstof 10 maal doeltreffender vas as ’n tropiese reënwoud  per hektaar. Uit ’n omgewingsoogpunt kan ’n plantasie met 100 000 spekbome oor ’n tydperk van 30 jaar 14 000 ton koolstof uit die atmosfeer verwyder. Dis gelyk aan die verwydering van 2 800 motors van ons paaie vir ’n jaar lank.

Die spekbome wat deur Checkers aan hul kliënte gegee is ter viering van Nasionale Boomplantmaand.