LS Thaba Bybelvasvra

Dié leerders van Laerskool Thabazimbi het op Vrydag 17 Augustus aan die tweede ronde van die Rapportryers Bybelvasvra deelgeneem. Die boeke waaruit die vrae opgestel was, is Konings, Kronieke en Handelinge. Die uitslae is nog nie bekend gemaak nie. Agter vlnr: Zelmari Davel, Shelbé van der Westhuizen en Liezl Havenga. Voor vlnr: Anja Clue, Gerdie du Plessis, Rhoné van der Merwe en Pieter Lamprecht.