LS Koedoeskop by Bondeweek

KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop het aan die Bondenaweek vir klein skole O/11 deelgeneem. Die rugbyspannetjie het besonder goed gevaar en eindig algeheel in die derdeplek.

In die eerste rondte klop hulle Eduplex Privaatskool, die Bulle se wenners met 19-0. Die tweede rondte speel Koedoeskop gelykop teen Nic Diedericks, die Leeus se wenners, met 10-10. Op ‘n tegniese punt dring Nic Diedericks deur na die finaal. Koedoeskop klop Laerskool Eugene Marais met 12-7 in die laaste rondte. Die skool wens die span geluk met hul puik prestasie.

Laerskool Koedoeskop se O/11 rugbyspan wat aan die Bondeweek deelgeneem het.