3 spelers in Waterbergspan

KOEDOESKOP – Drie krieketspelers van Laerskool Koedoeskop, Luan Botha, Gustav Grobler en JT Cronjé neem Vrydag en Saterdag aan die finale o/11 Limpopo Proewe deel in Tzaneen.

Dit is vir Laerskool Koedoeskop ’n groot prestasie om soveel seuns in die Waterbergspan te hê en wens hulle voorspoed toe vir die wedstryd. Die drie spelers wat uitgeval het, het dit regtig net-net nie gemaak nie. Laerskool Koedoeskop bedank hulle en wens hul geluk met hul deelname.

Die drie krieketspelers wat aan die finale 0/11 Limpopo Proewe te Tzaneen gaan deelneem, vlnr: Luan Botha, Gustav Grobler en JT Cronjé.