Rooiberg Vrouediens se suksesvolle Winterprojek

Deur Tobie Lombard

 

ROOIBERG – Die Rooiberg Vrouediens het vanjaar ‘n baie suksesvolle Winterprogram geloods vir die swart gemeenskap van Rooiberg. Die projek is aanvanklik in 2009 geloods toe ‘n paar leerlinge van die Itereleng Sekondêre Skool truie en klere ontvang het.

Na die sukses van daardie eerste jaar is die projek uitgebrei na meer skole in die gebied. Die NG Gemeente Koedoeskop het toe daarby betrokke geraak. Skole wat elke jaar bedien word is; Itireleng Sekondêre Skool Rooiberg, Thaba Kibidu Sekondêre Skool Rooiberg, Leeupoort Myn Sekondêre Skool en Naletsane Skool te Koedoeskop. Verlede jaar is 230 kinders en vanjaar is 130 kinders bedien. Die laerskool te Rooiberg kry sweetpakke en die ander kinders truie.

Die gemeenskap en in besonder die lede van die Brand Vereniging van Rooiberg sektor (TBBV – Thabazimbi Brand Beskermings Vereniging) help met fondsinsameling deur die jaar vir die projek. Hierdie is ‘n baie geseënde projek en daardeur word die groep se mikpunte elke jaar met groot dankbaarheid behaal.

Die groep bestaan uit Alta Claassens, Leticia Chamberlain, Philip Nel, Beatrice Nel, Magriet Smidt en Elsa Robinson. Nog dames en gades, van verskeie denominasies, help met môremarkte, pannekoek bak en ander fondsinsamelings aktiwiteite.

Tydens die Winter projek en Mandeladag 2012 is Operasie skoonmaak geloods. Vooraf het Kapt MA Sithole (bevelvoerder Rooiberg) ‘n hartlike verwelkoming van die uitreik na die SAPS kantore gedoen. Die SAP lede ‘n heel nag optrede gedoen, waar die Rooiberg SAP ‘n geslaagde klopjag op onwettige winkeliers, sjebeens, onwettige slapers (in winkels sonder slaap en toilet geriewe) gedoen het. Hulle het verskeie dwelm en ander kriminele tydens die veldtog gearresteer

Rooiberg leerders wat elk ‘n warm sweetpak vir die winter ontvang het. Sittende, skoolhoof Mnr Charles Kekana.