Thaba se rou riool

Die personeel van dié skrootmateriaal besigheid in Thabazimbi moes vir sowat twee weke lank die erge stank van oorloop riool verdra voordat Thabazimbi Munisipaliteit die stukkende pyp verlede Donderdag reggemaak het. Op 3 Augustus is die sooi spit seremonie van die nuwe rioolwerke gehou, wat voorsiening maak van ‘n opgradering van 3Ml/d tot 6.5Ml/d. Die projek beloop R84 420 534 en sal na beraming in 2014 voltooi wees.