Koedoeskop wen Unitas

LEPHALALE – LS Koedoeskop se Krieket Eerstespan het op Donderdag 16 Augustus die stryd aangesê teen LS Unitas tydens ‘n liga-wedstryd op die veld van LS Ellisras.

Na ‘n tawwe wedstryd en ‘n lang dag vir die spelers, tree Koedoeskop as oorwinnaars uit die stryd en wen met 12 lopies.

Die skool wens die span geluk met die pragtige oorwinning.

LS Koedoeskop se Eerstespan het LS Unitas se Eerstespan geklop in ‘n liga-wedstryd te Lephalale.