Kitaarspel by Kunswedstryd

THABAZIMBI – Laerskool Vanwykskraal se kitaarleerlinge het besonders goed presteer by die Kunswedstryd wat op 15 Augustus by Laerskool Thabazimbi aangebied is. Die kitaarleerlinge ontvang onderrig by me Elize Bezuidenhout.

Dié groep kitaarleeringe het ‘n A+ verwerf tydens die Kunswedstryd, voor vlnr: Leandri vd Merwe, G du Plessis en EM Coetzee.