Wees gewaarsku

Mense wees gewaarsku as jy  in ‘n item onder “te koop” in belangstel. Skakel dadelik vir die verkoper en as dit nie nog te koop is, ry ek dadelik en gaan koop dit.

Vrydag middag skakel ek die verkoper na aanleiding van ‘n advertensie deur hom geplaas is.  Hy sê dat die item nog nie verkoop is nie, tussen ek en die verkoper reël ons dat ek môre (Saterdag)  om 10:00 die geld sal bring. (aangesien hy by die skou is)

Saterdag oggend skakel ek hom tweemaal om die reëlings te bevestig. Om 09:30 skakel ek die verkoper om te sê dat ek oppad is na sy huis, net om te hoor dat hy dit klaar verkoop het.

Mens moet regtig om jou hoede wees vir oneerlike mense

Janette