Waar is die opvoeding?

Weereens was dit ‘n uitstekende Apiesdoring Karnaval, Hervormde Kerk op 4 Augustus.

Heerlike kos, goed georganiseerd, ‘n baie lekker kuier-dag. Wat skokkend was, toe die mense begin huist oegaan en die terrein soos ‘n vullis hoop gelyk het.

Hoe voed ouers hulle kinders op? Dink ons, ons kan al ons rommel net ignoreer?

Seker, want iemand anders sal my gemors opruim – SKANDE!!! Dit was vir my persoonlik baie vernederend dat mans met swartsakke die hele dag tussen die mense moes beweeg om hulle rommel op te tel.

Daar was wel mense wat geweet het waarvoor die vullisdromme daar was, maar hulle was in die minderheid.

 

A. Bedford