Vol arena by Skou Perdevertoning

THABAZIMBI – ‘n Groot skare is op Saterdag 28 Julie tydens die Landbouskou deur die perdevertoning-item gelok.

Die verrigtinge het om 12:00 begin met opening deur Ds Johan Marais van die NG kerk en was voortgesit met ‘n perde tandheelkundige voorlegging deur Gerrit Stander van Lephalale. Dit was gevolg deur ‘n ferrier demonstrasie deur Pieter van Staden en het gelei tot die hoof vertoning van die singende cowboy, Armand van der Merwe. Armand het die pawiljoene vol gehad en Thabazimbi mense het hom baie goed ondersteun.

Armand se vertoning was gevolg deur ‘n fancy dress show en barrel race and flag race wat ongeveer 10 deelnemers gehad het. Die wenners van die fancy dress vertoning was Marilise Visser, gesamentlike tweedeplek Jandre en Marisan van Buuren en derdeplek Maya Broekhuizen. Die wenners van die Flag was Leon Liversage (eersteplek), Tom Prinsloo (tweedeplek) en Clementhy Annandale (derdeplek). Die Barrel race wenners: Leon Liversage (eersteplek), Frans Viljoen (tweedeplek) en Clementhy Annandale (derdeplek).

Namens die perde skou komitee, bedank Anton Greeff, Perdeskou komitee voorsitter, almal wat die vertoning ondersteun en geborg het.

 

Die beoordelaars van die fancy dress perdevertoning was Louise Benzon (Wimpy), Karen Swart (Pick n Pay) en Cindy Grobbelaar (Ghata).