Thabazimbi Wildlife Service veiling by Skou

THABAZIMBI – Thabazimbi Wildlife Services het op Vrydag 27 Julie hul wildveiling tydens die Landbou- en Nywerheidskou aangebied.

Die gemiddelde pryse vir vroulike teelgroep diere op hok was as volg: 19 blesbokke teen R1724, 65 blouwildebeeste teen R1996, 4 bosbokke teen R7000, 17 elande teen R5541, 2 emoes teen R1300, 5 kameelperde teen R18600, 17 koedoes teen R2506, 160 rooibokke teen R966, 3 rooihartbeeste teen R6100, 19 sebras teen R4084, 10 hartwater springbokke teen R12500, 6 swart hartwater springbokke teen R15000, 8 wit springbokke teen R8500, 6 volstruise teen R2500 en 3 waterbokke teen R4300.

Die manlike diere op hok het die volgende gemiddelde pryse behaal: 3 bosbokke teen R4300, 4 elande teen R10250, 6 koedoes teen R8125, 4 njalas teen R12250, 1 rooibok teen R1300, 3 swartwitpense teen R21000, 4 jong swartwitpense teen R17000 en 1 waterbok teen R8500. Die omset was R1 275 400.

Niel Swart van Vleissentraal Bosveld was die afslaer.

‘n Njalabul met ‘n horinglengte van 29” is verkoop vir ‘n bedrag van R30000.