Oud HFM leerling verwerf graad

POTCHEFSTROOM – Kevin Panman van Rooiberg het in 2006 matrikuleer te Hoërskool Frikkie Meyer en ontvang sy MSc graad in Kwantitatiewe Risikobestuur by die Noordwes Universiteit, Potchefstroom kampus in 2011. Hy werk tans aan sy Ph.D. in Statistiek en wil net baie graag vir Mev Elmari Human bedank vir die ondersteuning en vertroue wat sy in hom gestel het gedurende sy jare verbonde aan HFM. Ook ‘n groot dankie aan Mnr Chrisma Grove wat sy liefde vir Wiskunde net verder aangevuur het.

Kevin Panman ontvang sy MSc graad gedurende die 2012 gradeplegtigheid.