Onderstebo

LEPHALALE – ‘n Brandweerwa onderweg na ‘n vuur op die Medupi Pad het Maandagaand in Nelson Mandelaweg reg voor die FET College omgeslaan. Ooggetuies vertel die voertuig het baie vinnig om die draai gekom toe die bestuurder beheer daaroor verloor het. Die bestuurder het slegs ligte beserings opgedoen en niemand anders is in die ongeluk beseer nie.