‘n Nuwe gesig by WESenterprises

THABAZIMBI – Die WES-span verwelkom Dewald du Toit in Thabazimbi wat op 1 Junie 2012 by hul span aangesluit het as Bemarkingsbestuurder. Hy is afkomstig van die Vrystaat en het reeds 25 jaar Landbou Bemarkingsondervinding wat tot voordeel van Thabazimbi Boere en die Gemeenskap gaan wees aangesien hy ook glad nie ‘n vreemdeling vir baie van ons boere in die area is nie.

WESenterprises sien uit daarna om sy kennis en ondervinding te deel en is opgewonde oor sy teenwoordigheid in die veld. Die span glo ook dat hy ‘n positiewe aanwins vir die Maatskappy gaan wees.

Dewald du Toit het by WESenterprises as hul Bemarkingsbestuurder aangesluit.