Mej Skou ongelukkigheid

Ek bly al lank in Thaba, en die jaar was dit vir my regtig ‘n

onregverdige uitdunning by die Mej Thabazimbi Skou kompetisie. Die pragtige meisies wat saam ander moes loop, kom in, maar die wat uitstraal, nie. Het dit gegaan oor hoe die meisies moes loop, glimlag, praat en draaitjies maak, of oor hoe bekend die gesiggies moes wees. Ek (en so veel meer buitestanders) kon ‘n paar meisies uitkies wat regtig ‘n plekkie kon kry en dit verdien het.

So teleurgesteld was ons in ‘n lang tyd nie.

Ongelukkige Mej Skou-ganger

Kommentaar deur die organiseerder, Ursula le Roux: Die 42 deelnemers was almal mooi en het baie goed geloop, maar met ‘n kompetisie kan daar net een wenner wees. Punte is verdien op selfvertroue en persoonlikheid. Die meisies moes hulleself aan die gehoor bekendstel en selfversekerd wees. Die beoordeling, volgens my, was regverdig en professioneel hanteer.