Leiers trek saam op Nylstroom

NYLSTROOM – Leiers van Laerskool Koedoeskop en hul Leier koordineerder, mev Charmaine Welgemoed het op Vrydag 3 Augustus ‘n saamtrek vir Leiers te Nylstroom bygewoon.

Die leerlinge het ‘n middag vol pret, gesels en kuier geniet waarna hul toegespreek is deur ‘n gasspreker, Me Santie Gildenhuys oor die “tou van leierskap” wat hulle regdeur hul lewe sal volg.

Die leiers van Laerskool Koedoeskop wil graag baie dankie sê aan mnr du Preez, die hoof van Laerskool Nylstroom en sy personeel vir ‘n baie lekker dag.

Die leerders van Laerskool Koedoeskop wat hierdie geleentheid bygewoon het is voor vlnr Anthony Tomsett (Hoofleier), Anchen Engelbrecht en Michaela Beukes saam met mev Charmaine Welgemoed en agter vlnr Rubin Ras, Gerdus Botha en Marlie Snyman(Hoofleier).