Landloop atleet oppad na SA’s

TZANEEN – ‘n Landloop atleet van Laerskool Thabazimbi, Pieter Lamprecht, het op Saterdag 4 Augustus aan die Provinsiale Landloop Kampioenskappe te Tzaneen deelgeneem.

Hy het sy Provinsiale kleure verwerf tydens die byeenkoms en ook gekwalifiseer om Limpopo te verteenwoordig tydens die SA’s wat sal plaasvind op 8 September te Amanzimtoti te KwaZulu-Natal.

Pieter Lamprecht het sy Provinsiale kleure in Landloop verwerf.