Karnaval Sukses

Baie dankie aan die Hervormde Kerk wat ‘n suksesvolle Karnaval aangebied het. Ek dink baie mense het net uit nuuskierigheid gegaan ,ander om na Steve te luister  en sommige vir ‘n lekkerny of twee, maar na alles was dit ‘n sukses.

Daar was baie mense maar almal wat daar was het hulle baie goed gedra en alles was baie goed gereël . Die beplanning en die dissipline was van hoogstaande gehalte. Parkeerplek was min maar almal het saamgewerk en dit was ook ‘n sukses.

Wel ek moet se Steve se vertoning was van hoogstaande gehalte en ek glo hy het alle AFRIKANERS se harte geraak met ‘n paar van sy woorde en liedjies as ons ook maar net so standvastig soos hy kan wees oor wat ons glo is reg vir ons, as ons maar net ‘n standpunt wil in neem en nie net sit en kla nie. Hy het menige persoon ‘n traan laat afvee.

Ek hoop ons vriende van die ANC het gesien hoe word dit gedoen, georganiseerd en gedissiplineerd met ‘n klomp mense wat die karnaval by gewoon het nie, soos hulle georganiseerde wet verontagsame warboel en deurmekaar spul nie.

Baie dankie Hervormde Kerk en Steve vir ‘n lekker dag, Thabazimbi het meer sulke dae nodig.

Frik