HFM O/15’s wen liga

THABAZIMBI – HFM se O/15 krieketspan het op Saterdag 21 Julie teen Nylstroom gespeel. HFM kolf eerste en teken ‘n reuse 307 lopies aan in 49 beurte. Hul beste kolwers was Stefan Joubert met 46 lopies, Devin Roelofse met 42 lopies en CJ van der Merwe met 33 lopies.

Hulle doen daarna veldwerk en boul Nylstroom uit vir 202 in 38 beurte. Die beste boulers was Hansie van Staden 4/39 in 10 beurte, ZW van Deventer 3/41 in 10 beurte en Hengert de Villiers 3/3 in 4 beurte. Hulle wen hul eerste liga wedstryd met 105 lopies. Die man van die wedstryd was Hansie van Staden.

 

Die O/15 Krieket puntemakers, voor vlnr: Hansie van Staden en Devin Roelofse. Agter: Stefan Joubert (kaptein).