Dissipline in ons samelewing

Suid-Afrika bestaan uit verskillende kulture, verskillende bevolkingsgroepe en so ook verskillende gelowe.  Wat vir sekere groepe reg is, is vir ander nie reg nie, daarom sal ons almal nie saam stem oor alles in die lewe wat gebeur nie.

Dissipline is een van die mees basiese dinge wat in enige huishouding moet gebeur, so word kinders al van kleins af geleer wat reg en verkeerd is. Dissipline begin by die huis as jy nog klein is, dink maar hoe het jou ouers jou gefoeter as jy iets verkeerd gedoen het.

Wat het vandag van dissipline geword? Vat nou by voorbeeld ons ou dorpie wat die lêplek vir horde ANC ampsdraers en ondersteuners was Sondag en Maandag.

Daar word gejaag met hulle motorfiets brigade. Stop nie by stop strate nie, daar word gery sonder valhelms waarheen weet net hulle. Wat se voorbeeld stel dit vir die jongklomp, ”ja as jy ‘n ANC ondersteuner is kan jy die wet breek”. Ek dink dis hoekom Taxis in soveel ongelukke betrokke is, want hulle sien wat hulle “IDOLS” doen. Dit was nie net die motorfiets brigade nie. Dit was ook die klomp swart motors met blouligte en ‘n horde polisievoertuie wat alle wette verontagsaam het. Dit lyk my die regering wil doelbewus nie ‘n standpunt oor die bloulig brigade inneem nie.

Vrydag oppad huis toe ry een van die polisievoertuie wat hulle personeel vervoer, nie ‘n diens of noodvoertuig nie, by die gevaarlike drierigting stop by Pick n Pay die hele ry voertuie wat hulle beurt staan en afwag aan die linkerkant verby. Daai stuk waar hy almal verbysteek wys die tekens hou links, maar meneer verontagsaam die teken en ook die stopteken net om verder vorentoe ‘n ander voertuig te forseer om vir hom plek te maak. Mag daai voertuie van die staat bestuur word deur ‘n persoon in siviele drag? Wel die meneer het.

Nou ja mense met sulke gedrag op ons paaie wys dit vir jou waar is die dissipline. Net soos die ANC sukkel om Malema te dissiplineer, so gaan ons sukkel om die gedrag op die paaie reg te kry.

Verskillende kulture, bevolkingsgroepe en gelowe het verskillende waardes en so ook verskillende uitkyke oor dissipline.

Frik