Derdeplek vir HFM Skaak

RUSTENBURG – Die skaak leerlinge van HFM het Vrydag en Saterdag aan die Rustenburg skole se Interhoër deelgeneem. ‘n Totaal van agt skole het in die A-afdeling meegeding.

Frikkie Meyer het baie goed gevaar en in die derdeplek geëindig met slegs 4½ punte agter die wenners Hoërskool Tegnies. Hoërskool Tegnies het die liga gewen deur Hoërskool Rustenburg met slegs ‘n halwe punt te wen.

Elkeen van die skaak leerlinge het sewe rondtes gespeel. Die volgende leerlinge het baie goed presteer: Hannelie van Rensburg (Gr 10) wen al sewe rondtes, Veronica van Deventer (Gr 8) wen ses rondtes, Dijan van der Merwe (Gr 10) wen vyf rondtes, IG Theron (Gr 8) wen vier rondtes en speel een rondte gelykop en Riaan Pieterse (Gr 9) en Adriaan Odendaal (Gr 9) wen elk vier rondtes.

Van die skole het tot agt SA spelers in hul span gehad, wat die prestasie van HFM se spelers nog meer merkwaardig maak. Elke speler word bedank vir hul toewyding en deursettingsvermoë.

Die skaakspelers wat besonders goed gevaar het in die Rustenburg Interhoër, voor vlnr: IG Theron, Veronica van Deventer en Hannelie van Rensburg. Agter vlnr: Adriaan Odendaal en Riaan Pieterse.