“Boom” versper oprit

Verlede Dinsdag het die Munisipaliteit ‘n waterlek reg voor my oprit herstel. Nadat hulle die gat soort van opgevul het, het hulle pleks van die pad te herstel ‘n “versperring” daar opgesit om die verkeer te waarsku en in die proses my oprit versper.

Dit mag dalk ook hulle bydrae tot die “groen ding” wees om ‘n boom te plant. Wonder nou net hoe lank sal ek moet wag voordat die versperring verwyder gaan word.

Inwoner van Michaelstraat