XKT presteer in Brakpan

BRAKPAN – Die Thabazimbi Skopboks Klub studente het gedurende die afgelope toernooi op 21 Julie in Brakpan, weereens hul staal gewys en uitmuntende tegniek, fiksheid en wil om te wen ten toon gestel.

Die spannetjie van sewe het in totaal elf medaljes ingepalm, waarvan agt goud en drie brons is.

Die toernooi was gekenmerk deur groot getalle inskrywings wat die toernooi een van die grootstes tot dusver gemaak het. Van die vegters het agt keer geveg om bo uit te kom en in besonder het Vikus Venter en Henry Lynn hul baie goed van hul taak gekwyt. Baie geluk aan puik presteerders en toegewyde sportmanne.

Vier studente van Swartklip Skopboksklub het ook aan die toernooi deelgeneem en vier medaljes ingepalm.

 

Die Thabazimbi Skopboksklub studente agter vlnr: Vikus Venter (een goud en een brons), Wiehan Lynn, Francois Buys (een goud en een silwer), Willem Henning (twee goud) en Jandre Lynn (een brons). Voor vlnr: Rohan Erasmus (twee goud) en Henry Lynn (twee goud).