Waterlesings moet ingebel word

THABAZIMBI – Thabazimbi Munisipaliteit is weens tegniese probleme nie vandeesmaand instaat om die gemeenskap se waterlesings te neem nie, en vra die publiek om hul waterlesings voor 25 Julie aan die Munisipaliteit te verskaf.

Diegene wat versuim om die korrekte waterlesing deur te gee, sal noodgedwonge ‘n gemiddelde syfer op hul rekening verkry, wat dus nie die korrekte watermeterlesing weerspieël nie. Die publiek word gevra om die volgende nommer te skakel om die waterlesing deur te gee voor 25 Julie 2012: 014 777 1525 uitbreiding 131/132/133/134/135. Hou u rekeningnommer byderhand. Thabazimbi Munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief.

Die Munisipaliteit waarsku ook die gemeenskap dat die tariewe verhoog het sedert 1 Julie 2012 en sal die volgende rekening dus in die nuwe finansiële jaar val.