Waar was die bouinspekteur?

Ek wil graag die volgende onder die gemeenskap van Thabazimbi se aandag bring.

My erf staan vol rioolwater omdat die rioolpype nie volgens verpligte standaarde geïnstalleer is toe Villa Solatine se woonstelle gebou is nie. Die fondasie van die woonstelle is hoër gebou as my erf en daar is dus geen dreineering uit my erf nie. Die stadsraad moes tog die bouery afteken na voltooiing, hoe is dit  dan moontlik?

Die hooflyn het al meer as 2 weke terug geblok en die riool stoot onder grond vanaf die bure deur na my erf.

Julle is welkom om te gaan kyk – 3944 Villa Solatine.

Na vele pogings na die munisipaliteit is die probleem nog steeds nie opgelos nie. Watse gesondheids gevaar hou dit nie in nie?

 

Geraldine/Donovan Verrier

0835576441