Vanselfsprekend

Soos alle goeie dinge vanselfsprekend aanvaar word, waardeer ‘n mens die goeie eers wanneer dit jou ontneem word. Om ‘n paar voorbeelde te noem – jeug, gesondheid, slaap, omgewing, vriende, geliefdes, ensomeer.

Dit is in ons geval as gesin wat na tien jaar as inwoners van Thabazimbi ons wortels moes optrek en verhuis na die vreemde, en dit bring my by die punt.

Vir tien jaar het ons in Thabazimbi ‘n huisdokter gehad wat ons vanselfsprekend aanvaar het. In retrospek is hierdie nie net ‘n huisdokter nie, maar uitsonderlike mens met geen gelyke. Hierdie is ‘n mens wat werklik ‘n opregte passie het vir die welstand van sy medemens. Iemand wat werklik met deernis en belangstelling na sy pasiënte omsien. Iemand wat altyd, week na week 24\7 beskikbaar is. Iemand wat persoonlike navraag sal doen na die welstand van sy pasiënte. Iemand wat nog soos in die dae van weleer huisbesoeke doen indien nodig. Iemand wat nie net na die fisieke maar ook na die geestelike behoeftes van sy pasiënte omsien, en dan nog tyd en energie afstaan om aan die gemeenskap en veral die behoeftiges en oues van dae terug te ploeg.

Dit is eers wanneer die voorreg om so ‘n spesiale mens as deel van jou lewe te hê, jou ontneem word wat ek met groot waardering kan sê:

“Dr MA Buys ek salueer jou as my huis dokter, medemens, vriend, vertroueling en mede christen.“

Thabazimbiërs, waardeer asseblief die voorreg om so ‘n merkwaardige man as deel van jul gemeenskap te besit!

Vriendelike groete, Deon en Elrina Muller – Parys