Tragiese einde vir Kilimanjaro ekspedisie

Barry de Lange (44), die bekende gesig by ERA Eiendomme en oud eienaar van Out of Africa Restaurant, is op 4 Julie 2012 tydens ‘n stap ekspedisie na Mount Kilimanjaro, Tanzanië aan vermoedelik hoogtesiekte oorlede. Diana Odendaal en Jaco en Belinda Blignaut, wat die staptog saam met Barry meegemaak het, word verwag om Sondag terug te keer na Suid-Afrika. Die gemeenskap betreur sy heengaan.