Thaba Flyers Brei uit

Die drie afrigters van Thaba Flyers, vlnr: Rhone Rheeders, Helen Stevens en Chantelle Prinsloo.

THABAZIMBI – Die welbekende swemklub “Thaba Flyers” van Thabazimbi wat reeds 22jaar aktief deelneem spog nou met twee nuwe afrigsters.

Saam sal hierdie klub nou drie afrigsters hê en hul sal as volg werk:  Die eienaar, Helene Stevens, bly steeds aan as Hoof Afrigter, Chantelle Prinsloo, haar dogter wat self 12 jaar provinsiaal geswem het, word die Hulp Afrigter wat sal sorg dat al die swemmers die korrekte style bemeester en Rhone Rheeders wat ook 12 jaar provinsiaal vir hierdie einste klub geswem het, sal die kleuters leer swem op die “Learn to swim” program.

Die klub sal reeds op 6 Augustus met ‘n intensiewe winterprogram begin.  Thaba Flyers swemklub is deel van Hoërskool Frikkie Meyer en werk ook vanaf die skool se swembad.  Enige iemand wat belangstel om swem as ‘n sport te beoefen kan gerus enige van die afrigters kontak of vir Helene Stevens 0725999609.