Sunette Bridges weer by Thabazimbi Gholfklub

Die minlike Sunette Bridges tree weer by Thabazimbi Gholfbaan op tydens die jaarlikse Battle of the Boobs.

THABAZIMBI – Sunette Bridges gaan weer kom optree by Thabazimbi Gholfklub tydens die jaarlikse Battle of the Boobs op 21 Julie.

Na afloop van die dag se spel sal sy weer die gehoor trakteer met haar vertoning. Thabazimbi Gholf Klub nooi almal uit om die aand saam te kom geniet. Kaartjies is te koop by die gholfklub teen R100 wat ook ‘n ete sal insluit. Lise Ann kan gekontak word op 076 055 1749. Die laaste kaartjie verkope sal op Donderdag 19 Julie geskied. Kom geniet gerus die aand saam met ons.

Die afgelope ruk het goeie spel gelewer met die winter wat nou sy tol op die baan gevat het en spelers nou weer baie rol uit die bal kry!

Tellings soos volg:

Northam Toyota Sundowner:

20 Junie – D Azar wen op 15 punte en gelukkige trekking word gewen deur A Venter. 27 Junie – N vd Westhuizen wen op 17 punte en A Venter wen weer die gelukkige trekking. 4 Julie – E Behrens wen op 16 punte met P Venter wen die gelukkige trekking.

Op Saterdag 23 Junie word Scratch Stableford gespeel. Die dag word gewen deur A Venter op 40 punte gevolg deur J Barnard op 39 en H Coen op 37.

Saterdag 30 Junie is daar beterbal gekombineerd gespeel met die volgende uitslae:

P Venter / A Venter wen op 70. In die tweede plek is L v Graan / J v Graan op 67 gevolg deur C Bronkhorst / H Coen.

Die maandelikse slagspel word op 7 Julie gespeel. Die Netto wenner op 69 is B Gous en tweede is C Bronkhorst op 71 en H Penzhorn op 72.

Die jaarlikse Battle of the Boobs word weer op 20 en 21 Julie gespeel. Dames van heinde en ver kom speel op Thabazimbi en dit beloof om weer ‘n groot sukses te wees. Die baan sal ongelukkig gesluit wees op die dae.

Twee van ons juniors J M Erasmus en Heinrich Penzhorn neem weer die vakansie deel aan ‘n reeks Gauteng Noord toernooie.

Heinrich Penzhorn behaal derdeplek in beide die Wingate en Silwer Lakes toernooie en trek ‘n wen deur tydens die toernooi wat op Pebble Rock gespeel word. Geluk aan Heinrich vir die besonderlike prestasie.