Riool Chaos

THABAZIMBI – Rou riool het die afgelope twee weke groot chaos veroorsaak nadat Tambotie Mediese Sentrum se toiletgeriewe toe was onder die riool.

Dr Leon Fouche, ‘n mediese dokter by Tambotie Mediese Sentrum, is van mening dat ‘n Cholera epidemie moontlik die gemeenskap se voorland sal wees indien hierdie ernstige gesondheidsrisiko nie aangespreek word nie (foto links).

Volgens mnre Billy Tlhabadira Thabazimbi Munisipaliteit se Afdelingshoof: Water en William Majadibodu, Thabazimbi Munisipaliteit se Senior Superintendent: Water (foto regs), kan boomwortels die moontlike oorsaak wees dat die rioolput in Michael/Deena straat konstant verstop word. Hulle het samesprekings met Northam Platinum gehou om volgende week, Dinsdag 24 Julie, die myn se masjienerie te kry om die boomwortels te snoei.

Voorts vra Majadibodu dat die publiek hulle kontak by 0837032805 om hierdie tipe probleme te rapporteer aangesien die Munisipaliteit nie op die sosiale netwerk, facebook, is nie.