Nuwe saal vir TBZ Skougronde

Die splinternuwe Trollope & Trophy Breeders Saal waar al die vermaak tydens hierdie jaar se Landbou- en Nywerheidskou gaan plaasvind.

THABAZIMBI – TBZ Skougronde spog met ‘n splinternuwe opgegradeerde saal wat voortaan bekend sal staan as Trollope & Trophy Breeders saal. Die saal word ingewy tydens die TBZ Landbou- en Nywerheidskou eerskomende Donderdag 26 Julie tot Saterdag 28 Julie 2012.

Die Trollope saal is in 1954 opgerig en dien reeds vir 58 jaar as die saal waar uitstallers tydens die jaarlikse Skou kon uitstal. Die Trophy Breeders het as borge ingetree en die ou saal op die Skougronde laat opgradeer.

Die Hoof Skoukomitee, voor vlnr: Ursula Roux (vermaak, bemarking en program) en Jan Trichardt (President). Agter vlnr: Johan du Toit (Vise President) en Boeta van Dyk (Diere afdeling).