Madiba Dag: Bridge Loans

Merriam Xelanto (verkoopsassistent), Mary Brodrick (tak-bestuurder), Phillimon Mashango, Cry Machete en Elize van der Westhuizen (Helpende Hand: Northam).

THABAZIMBI – Bridge Loans in Vanderbijlstraat het ook Woensdag oud President Nelson Mandela se verjaarsdag gevier en hul 67 minute aan liefdadigheid afgestaan. Soppoeiers, koeldranke en kits pasta is aan Solidariteit Helpende Hand van Northam geskenk.

Die kunstenaar en tradisionele danser, Cry Machete, het ‘n skets van Madiba gemaak, spesiaal vir die verrigtinge en het vir die publiek ‘n paar boesman danspassies gewys. Bridge Loans word bedank vir hul ruimhartigheid, asook die Musiekmasjien, Cry, Maryna en personeel van Bridge Loans vir hul vriendelike en voortreflike diens.