LS TBZ bedank Kumba

LS Thaba se O/12 Hokkiespan

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se O/12 en O/13 Hokkiebokkies het ‘n Hokkie Kliniek te Camp Discovery die afgelope vakansie bygewoon.

Die dogters het baie goed gevaar teen die skole wat reeds aan die einde van hul hokkie seisoen was.

Onderleiding van Shaun Hulley en sy span afrigters het die dogters baie geleer. Hulle is ook bederf met ‘n wildsbesigtigingsrit, boogskiet en natuurlik, die snoepie.

Die dogters het pragtig gelyk in hul nuwe hempies en kouse wat deur Kumba geborg is. Die dogters is opreg dankbaar en ook bevoorreg om ook sò deur die gemeenskap van Thabazimbi ondersteun te word.

Dankie Kumba vir jul oop hand en harte, dit word opreg waardeer.