Limpopo Blou Bulle vir Cravenweek 2012

Deur Jean Aucamp

 

Voor sit mnr David Mathabatha (logistieke bestuurder), Erik van Niekerk (Ben Vorster), mnr Eben Lingenfelder (afrigter), Dewet Botha (kaptein, Ben Vorster), mnr André Hay (hoofafrigter), Edrie Vorster (onderkaptein, Ben Vorster), mnr Dirk Oosthuizen (spanbestuurder) en Christopher Durow (Ben Vorster). In die middel sit Louis du Preez (Frikkie Meyer), Viljoen Dreyer (Ben Vorster), Solly Mokuthu (Merensky), Sipho Siboza (PHS), Mnr Jan van Staden (medikus), Floyd Ntimane (Ben Vorster), Kuifie van der Bergh (Frikkie Meyer), Marcel Steyn Scholtz (Ben Vorster) en Jinx Molapo (Ben Vorster). Agter sit André le Roux (Frikkie Meyer), Johan Smit (Heuwelkruin), Righarth Kaggelhoffer (Heuwelkruin). Nicolaas Mlanga (Louis Trichardt), Andries Welgemoed (Ben Vorster), Trevor Nkwamba (Ben Vorster), Floyd Ndlovu (Tom Naudé), Adriaan Maebane (Ben Vorster), Willie van Vuuren (Ben Vorster) en Grant Pinto (Ben Vorster). Foto: Jean Aucamp

Die o.18-groep van die Limpopo Blou Bulle wat aanstaande week aan die Cravenweek-rugbytoernooi in Port Elizabeth gaan deelneem, het verlede week hul laaste voorbereiding in Tzaneen afgehandel.

Hulle het vandeesweek gerus en volgens hul afrigter, mnr André Hay, sal hulle slaggereed wees vir die nasionale toernooi. Die groep van 22 spelers bestaan uit veertien Tzaneeners.

Hulle sal op dag twee in hul eerste kragmeting teen die span van die SWD Arende te staan kom. LiN Media/Bulletin