Landloop atlete presteer

Jola Stoltz en Pieter Lamprecht het albei vierdeplekke behaal by die laaste ligabyeenkoms.

NYLSTROOM – Twee leerlinge van Laerskool Thabazimbi, Pieter Lamprecht en Jola Stoltz het op 21 Julie te Nylstroom deelgeneem aan die laaste ligabyeenkoms. Hulle het albei vierdeplekke behaal in die 3km seuns en dogters 0/11 en 0/12.

Die skool wag nou vir ‘n finale spanlys om te weet aan wie aan die Limpopo Kampioenskappe gaan deelneem.