Korrektiewe Dienste vier Mandela Dag

Mnr Wimpie De Koker (Korrektiewe Dienste: Thabazimbi), mnr Fani Pholosi (Satelliet Hoof: Bela-Bela) en mnr Winché Hofmann (Geestelike berader).

THABAZIMBI – As deel van die Internasionale Mandela-Dag vieringe, het Korrektiewe Dienste te Thabazimbi op Saterdag 14 Julie 2012, hul deel bygedra om nie net 67 minute nie, maar wel van 09:00 tot en met 12:30, ‘n verskil in iemand se lewe te bring.

So het die aftree oord, Bosveldoord, te Steenbokstraat, gebaat by die bydrae van Korrektiewe Dienste. Lede sowel as hul geestelike berader, mnr Winché Hoffman, het gedeel in hierdie gebaar. Toesiggevalle asook parolees is aangewend om die plekkie op te knap deur beddings skoon te maak. Tuinvullis is opgevee en verwyder, water afvoerslote en dreine is skoongemaak. Mnr Fani Pholosi, die Satelliet Hoof vanaf Bela-Bela het by die groep aangesluit en het hy en mnr Wimpie de Koker ook self dan hand bygesit en gehelp om die terrein op te knap.

Tevrede inwoners het hul harte oopgemaak en is die werkende mense dan voorsien van ‘n welkome lafenis terwyl die sweet begin tap het. Koeldrank, koffie, broodjies en selfs lekkergoed is aan die persone gegee as waardering vir die gebaar.

Hiermee daag Korrektiewe Dienste ander staatsinstellings uit om hul onbaatsugtige voorbeeld te volg en ‘n verskil in iemand se lewe of lewens te bring.

Korrektiewe Dienste: Thabazimbi het meer as 67 minute afgestaan, ter viering van Mandela Dag, om Bosveldoord se tuin op te knap.