Kennis veras

Week 26 – 29 June 2012

 

Om iets kosbaars te verbrand is sekerlik die grootste afkeur wat iemand teenoor instansies, regerings of ander belangegroepe kan wys. Hier hoef ons maar te kyk na die gereelde verbranding van vlae regoor die wêreld waar groeperinge hul afkeur teen die betrokke land  waarvan die vlag verbrand word wys.

So kan die verbranding van Bybels deur Islamgroepe of die verbranding van die heilige Koran deur Christene in dieselfde lig gesien word as een van die mees uitdagendste verwerping van ‘n groep. Met protesverbranding verwerp die persoon simbolies dit wat hy voel teen sy sin aan hom opgedring word.

Moedertaal onderrig is deur die NP ingestel en vir die eerste keer in die geskiedenis was die ander inheemse Afrika-tale beskikbaar in boekvorm vir swart skoliere. Na die demokratiese verkiesing het die regerende party besluit om Engels as voertaal af te dwing met geen moedertaal onderrig nie.

Die katastrofiese gevolge het gesorg vir ‘n basiese ongeletterde geslag sedert die ANC aan bewind gekom het. Die kinders wat gedurende hulle tyd aan bewind skoolbeginners was, het beslis nie die “vernederende Bantoe onderwysstelsel” beleef nie en bestaan daar dus geen sin om steeds Afrikaans vir hul ellende te blameer nie.

Die verbranding van skoolboeke in Limpopo is beslis die laagste respek wat aan geletterdheid betoon kan word. Dit word gedoen met die volmag van ‘n kontrak van die Limpopo regering. Dit wys ‘n algehele disrespek vir die gedrukte word. Geen boek behoort verlore te gaan al voldoen dit nie meer aan die kirikulumvereistes van die onderwysstelsel nie. Shakespeare se werke sal altyd van toepassing wees al verander die lys van voorgeskrewe boeke. Boeke is eenvoudig net te kosbaar om dit enigsins op te snipper of te verbrand.

Dit laat ‘n mens wonder of die opstande van 1967 in Sharpeville nie dalk ‘n totale verwerping van geletterdheid was nie, en dat Afrikaans deur die jare onnodig met hierdie skuldgevoel moes rondloop. Dit net omdat Afrikaans en Engels, buiten hul moedertaal, verpligte vakke op skool was. Wit kinders is ook sedert die vroeë 1980’s verplig om die swart taal, wat in die gebied gepraat is, as vak te neem en niemand het gekla of boeke en skole verbrand nie.

Limpopo se LUR van Onderwys moet eintlik met hierdie debakel verplig word om te bedank, maar sy weier. Eintlik moet die minister van onderwys ook bedank. Met hierdie aksie wys die ANC dat geletterdheid nog nooit hoog op hul agenda was nie. Voeg hierby die sluiting van al die onderwyskolleges en die swak standaard van onderwys in veral die swart skole, en ‘n totale ander beeld van die regering se erns om geletterdheidsvlakke, by veral die arm swart mense te verhoog, kom na vore.

Magsbeheptheid, selfverryking, onderdrukking van die massas en vrees in hul onderdane se gemoed, is beslis baie hoër op hul agenda as die opheffing van die arm swartes.  Die blankes sorg vir hulself, om te verseker dat hulle uiteindelik op ‘n beskaafde vlak met die regte onderwys en opleiding hulle drome van ‘n beter lewe kan verwesenlik, sonder om boeke te verbrand. Hiervoor wil die ANC ook ‘n stokkie steek deur gedwonge wetgewing wat poog om Afrikaans as onderrigtaal totaal te verbied.

Zuma swaai die belofte van vinnige breëband-internet voor ons neuse maar hy vergeet dat gevorderde inligtingstegnologie slegs deur mense gebruik kan word wat oor die nodige geletterdheid en ondervinding beskik.