Goeie vordering vir Guillain Barre slagoffertjie

Pieter Prinsloo, die vyfjarige wat Guillain Barre sindroom opgedoen het, toon goeie vordering.

NORTHAM – Die vyfjarige Pieter Prinsloo wat vroeër vanjaar die gevreesde rare sindroom Guillain Barre opgedoen het, toon goeie vordering.

Die gemeenskap van Thabazimbi en omliggende dorpe het saamgestaan en finansiële steun en ondersteuning aan Pieter en sy gesin verleen.

‘n Insamelingsfonds is vir hom gestig om sodoende die mediese onkostes by te dra wat nie deur sy ouers gedek kan word nie. Wildskarkasse is deur ‘n weldoener geborg as prys vir looitjies wat teen R50 gekoop kon word.

Pieter se ouers en ouma bedank graag almal wat deelgeneem het aan die fondsinsameling. Hulle bedank ook die gemeenskap wat barmhartige donasies ge-in het, hul familie in Musina en Musina Spar. ‘n Spesiale dank aan die persoon wat die pryse geskenk het en so gehelp het om die las ligter te maak.

“Pieter doen elke dag beter met die goeie behandeling wat hy ontvang van die Fisioterapeut, Pascal van Swartklip. Ons is innig dankbaar teenoor ons Skepper vir sy genesing. Pieter vorder so goed dat hy teen volgende jaar moontlik weer skool kan bywoon en terug wees by sy maats.” Het sy familie aan Kwêvoël geskryf.

Die pryse wat gewen was is as volg: eerste prys: Shaun Finn, tweede prys: Tina Few, derde prys: Frikkie Bossert, vierde prys: Engela Pretoruis en vyfde pryse: Ria Marx.

Indien enige iemand steeds ‘n donasie wil maak, kontak gerus hpanel@thaba.net